|
’N BALANS-FIETS VIR ELKE KIND
EasiRider Balance Bike Suid-Afrika – Eers balanseer, dan pedaal trap
Met die EasiRider balans-fiets kan kinders met pret en plesier leer fiets ry, sonder pedale en / of wiele wat stut. Soos kinders leer om die fietsie te balanseer, ontdek hulle terselfdertyd vryheid van beweging in hul bene en voete. Hierdie ledemate moet met kragtige aksie die fiets in beweging bring en stop. Die selfvertroue ingewin op die EasiRider balans-fiets vergemaklik drasties die oorskakeling na ’n konvensionele fiets met pedale.
Die ontwerp van die EasiRider balans-fiets is sodanig dat dit kinders aanmoedig om balans, koördinasie, motoriese vaardighede en selfvertroue te ontwikkel.
EasiRider fietse waarborg kleintjies ure van vermaak. Die fietse is by uitstek geskik vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 6 jaar, maar in sommige gevalle koop ouers dit aan vir selfs jonger kleuters.
Die volgende eienskappe maak die EasiRider balans-fiets uniek. Dit bly geskik vir die groterwordende fietsryertjie in wie vaardighede en selfvertroue ook toeneem. Die EasiRider “groei” ook met sy ryer: keer die raamwerk onderstebo, verstel die sitplek, en siedaar – die groter fiets kan nou vir langer sy baas se beste maat bly. Die handgemaakte, lig-gewig raam van ABS plastiek verleen ’n soliede voorkoms. EasiRider help kinders vertroue opbou terwyl hulle in ’n sittende posisie leer fiets ry
Met die EasiRider balans-fiets word jong kinders nie aan die gevare van pedale, kettings of stutwiele – wat die oorsaak van val en seerkry kan wees – blootgestel nie.
Hoewel die konsep van ’n pedaallose leermetode nuut in Suid-Afrika is, is die voordele daarvan reeds geruime tyd in Europa bekend. Toenemende aantalle Suid-Afikaanse ouers ondersoek tans nuwe, innoverende en veilige metodes waarvolgens kinders op ’n jong ouderdom kan leer fiets ry. |